Phillipi polisie
Gewonde man jaag na hospitaal, maar is te laat
Twee sterf, 1 gewond in skietery
MISDAADTONEEL: Hanover Park, Kaapstad: Drie mense is vanoggend, Maandag 1 Junie in Hanover Park geskiet.

Een van die gewondes het met homself en die ander twee na die hospital gejaag, maar sy passasiers het dit nie gemaak nie. Die voorval het in Johndownweg gebeur.
Volgens konstabel Ndakhe Gwalao van die Wes-Kaapse polisie se mediakantoor het die Philippi polisie op ‘n klag by ‘n hospitaal gereageer.
“Mmet hul aankoms is hulle in kennis gestel van drie slagoffers van ‘n skietery. Volgens berigte het die slagoffers skietwonde in Johndown, Hanover Park, opgedoen. Een van hulle het daarin geslaag om na die hospitaal te ry, maar die ander twee slagoffers, ‘n man en ‘n vrou, het aan hul is met hul aankoms dood verklaar.
“Die polisie het twee aanklagte van moord en ‘n poging tot moord oopgemaak. Die omstandighede rondom die voorval word ondersoek en geen arrestasie is nog gemaak nie,” het Gwalao gesê.
