Sjinese drankwinkel

 
 

Nagemaakte alkohol sou vermoedelik uitgevoer word

Sjinees vas oor miljoene se drank

MISDAADTONEEL: Eersterivier, Kaapstad: ‘n Sjinese eienaar van ‘n drankwinkel is gearresteer nadat die polisie vermoedelik nagemaakte drank ter waarde van miljoene rande in die winkel gevind het.

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het in ‘n verklaring gesê ‘n gesamentlike operasie tussen die polisie se eenheid vir vervalste goedere, die Drankowerheid, die SA Inkomste-diens en SA Nasionale Weermag (SANW) in Eersterivier het gelei tot die ontdekking van die drankwinkel. Daar was na bewering planne om die nagemaakte drank uit te voer.

“Op Dinsdag 26 Mei omstreeks 10:00 het lede van Operasie Prosper die winkel, wat aan ‘n Sjinese burger behoort, deursoek. Teen die einde van hul inspeksie het hulle 6 201 liter van verskeie drankprodukte met ‘n geraamde waarde van R3,5 miljoen gekonfiskeer.

“Die verdagte is in hegtenis geneem en is by die Kleinvlei-polisiestasie aangehou.”