Strandveld-straat

 
 

Kind (7) gewond in skietery

Massamoord eis 4 in Wesbank

MISDAADTONEEL: Wesbank, Kaapstad: Vier mense, waarvan drie vroue, is dood en een beseer in ‘n massamoord in Wesbank Saterdagaand 16 Mei 2026.

Volgens ‘n media skakelbeampte vir die Wes-Kaapse polisie, kolonel Andrè Traut, het die polisie omstreeks 20:00 op die voorval in Strandveld-straat gereageer.

“Toe die lede daar aankom, het hulle drie volwasse vroue en een volwasse man, tussen 32 en 39 jaar oud, met skietwonde ontdek. Die slagoffers is op die toneel deur mediese personeel dood verklaar. ‘n Kind van 7-jaar oud is hospital toe gejaag vir behandeling.

“Voorlopige ondersoek dui daarop dat die voorval moontlik bendeverwant kan wees,” het Traut gesê.

Die omstandighede rondom die skietery word tans deur die eenheid vir ernstige en geweldsmisdaad ondersoek en geen arrestasies is nog gemaak nie.

Mennse met inligting wat die ondersoek kan help, word versoek om Crime Stop te kontak by 08600 10111 of gebruik  die MySAPS-App annoniem.