Tafelsig barber doodgeskiet

 
 

Verdagtes in minibus skiet haarkapper twee keer

Barbier se lewe tragies kortgeknip

MISDAADTONEEL: Mitchells Plain, Kaapstad: ’n Haarkapper se lewe is tragies kortgeknip toe hy in sy winkel in Tafelsig doodgeskiet is.

’n Skakelbeampte van die Wes-Kaapse polisie, konstabel Ndakhe Gwala, het bevestig dat die Mitchells Plain-polisie ’n saak van moord geregistreer het ná die voorval by die haarsalon.

Gwala het gesê die skietery het Dinsdag, 20 Oktober 2026, omstreeks 20:00 in Paulsberg-straat, Tafelsig, plaasgevind.

“Volgens berigte was die oorledene in die haarsalon toe onbekende verdagtes uit ’n minibus-taxi geklim en op hom geskiet het. Hy het twee skietwonde opgedoen en is deur mediese personeel op die toneel dood verklaar.

“Die motief vir die aanval moet nog vasgestel word en niemand is nog gearresteer nie,” het Gwala gesê.