Tiener vas vir Athlone moord
Speurders trek 17-jarige seun in Vygieskraal vas
Tiener vas vir dubbele moord
MISDAADTONEEL: Athlone, Kaapstad: ‘n Tiener is gearresteer in verband met ‘n dubbele moord wat op 24 Augustus 2026 plaasgevind het.

Volgens die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het speurders van die Anti-bende-eenheid die 17-jarige manlike verdagte Sondag, 18 Oktober 2026, op twee klagte van moord gearresteer.
Die SAPD sê die noodlottige skietvoorval waarin twee mans die oggend van 24 Augustus hulle lewens verloor het, het in Lower Klipfontein-weg, Athlone plaasgevind.
“Hy is in die Vygieskraal-informele nedersetting in Athlone vasgetrek.
“Terwyl die lede te voet in Vygieskraal gepatrolleer het, het hulle ‘n verdagte man opgemerk en hom deursoek. Hy is in van ‘n 9mm-pistool met 15 rondtes ammunisie gevang en is gearresteer vir die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen en die onwettige besit van ammunisie,” het die SAPD gesê.
