Vaal plaza voertuig onderskep
Rig na bewering vuurwapen op sy vrou
Man vas oor gesinsgeweld
MISDAADTONEEL: Bainsvlei, Bloemfontein: ‘n 44-jarige man is gearresteer nadat hy na bewering ‘n vuurwapen op sy vrou gerig en haar aangerand het in ‘n geval van gesinsgeweld.

Volgens die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) is ‘n tweede verdagte, ‘n 64-jarige man, gearresteer vir die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen.
Volgens die SAPD het die Fezile Dabi-distrik Highway Patrol in die Vrystaat Dinsdag 28 Julie 2026, omstreeks 00:50, inligting ontvang oor ‘n wit VW Tiguan wat op die N1 na Sasolburg onderweg is.
Daar is beweer die bestuurder van die voertuig word gesoek in verband met ‘n saak wat in Bainsvlei geregistreer is nadat hy na bewering ‘n vuurwapen op sy vrou gerig en haar aangerand het.
“Die polisie het die voertuig by Vaal Plaza onderskep. Nadat die beamptes die voertuig gestop en deursoek het, het hulle twee manlike insittendes gevind. Tydens die deursoeking is twee vuurwapens gevind.
“Een van die vuurwapens, wat aan die passasier behoort, was ongelisensieerd. Die twee mans is op afsonderlike aanklagte gearresteer,” het die SAPD gesê.
