Valhalla Park gesteelde motor

 
 

Verdagtes in verskeie areas gearresteer

Operasie Prosper lewer sukses

MISDAADTONEEL: Delft, Kaapstad: Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het ‘n verdagte wat vir poging tot moord gesoek is, opgespoor en gearresteer.

Lede van Operasie Prosper en speurders van Samora Machel het Woensdag, 2 September 2026 ‘n opsporingsoperasie in die Delft-gebied uitgevoer, opsoek na ‘n verdagte van ‘n poging tot moord wat in Samora Machel plaasgevind het.

Volgens die SAPD het die lede ‘n perseel in Hurricane-straat deursoek waar hulle die 23-jarige verdagte sowel as ‘n .38 Special-rewolwer met ammunisie gevind het.

Valhalla Park: Drie verdagtes van 53, 25 en 24-jaar-oud is in Saint Elias-laan gearesteer, waar hulle na bewering ‘n gesteelde voertuig gestroop het.

Die polisie het inligting oor die voertuig wat gestroop word, opgevolg en die verdagtes by die genoemde adres gevind.

Khayelitsha: Lede van Operasie Prosper het ‘n perseel by die Enkanini-informele nedersetting deursoek en ‘n 26-jarige man gearresteer toe hulle 100 klein pakkies met dagga, 50 dagga sigarette en kontant in die woning gevind het.