Vervalste goedere

 
 

Operasie teen vervalste goedere skop af

Polisie slaan weer toe in Bellvile

JONGSTE! Vandag, Dinsdag, 16 Junie 2026, se operasie in Bellville het gelei tot die beslaglegging van nagemaakte produkte met ‘n geraamde waarde van R10-miljoen.

Meer as 40 winkels is tydens die operasie geteiken, wat gelei het tot die beslaglegging van nagemaakte handelsmerk-klere, skoene, sakke, horlosies, sonbrille, kêppies en verpakking.

Die multi-dissiplinêre span het bestaan ​​uit lede van die SAPD, die Stad Kaapstad se metropolisie, wetstoepassing beamptes en Brand Protectors.

Dit volg op ‘n soortgelyke operasie wat ‘n week gelede by dieselfde winkelsentrum uitgevoer is, waartydens nagemaakte produkte ter waarde van meer as R98-miljoen gekonfiskeer is.

Volgens die polisie is die operasies deel van landwye pogings om die handel in nagemaakte en onwettige goedere, wat openbare veiligheid, wettige besighede en die land se ekonomie bedreig, te beveg.

MISDAADTONEEL: Bellville, Kaapstad: Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se Nasionale en Wes-Kaapse Eenhede vir Vervalste en Onwettige Goedere, in samewerking met ander belanghebbendes, is tans besig met ‘n klopjag by ‘n winkelsentrum in Bellville.

Meer as 40 winkels word geteiken tydens vandag, Dinsdag 16 Junie 2026, se operasie.

Die klopvolge volg ná ‘n operasie ‘n week gelede by dieselfde winkelsentrum toe nagemaakte goedere ter waarde van meer as R90-miljoen gekonfiskeer is.