Welkom opvoeder vermis

 
 

Opvoeder bel sy vrou, maar oproep gou kortgeknip

Welkom onnie vermis

MISDAADTONEEL: Welkom, Vrystaat: Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het ‘n ondersoek van stapel gestuur na die beweerde motorkaping en ontvoering van ‘n opvoeder van Welkom, Gert Adams (55).

Volgens die polisie is Adams na bewering omstreeks 23:30 op Sondag, 4 Oktober 2026, deur onbekende verdagtes ontvoer. Hy het daarin geslaag om om sy vrou te bel voordat die oproep skielik kortgeknip is. Hy is toe as as vermis aangemeld.

Op Dinsdag, 6 Oktober, is Adams se grys Hyundai ix35 verlate in Klippan, Welkom, gevind. Sy selfoon en ander persoonlike besittings is in die voertuig gevind, maar daar was geen teken van hom nie.

Die Welkom-eenheid vir Ernstige en Gewelddadige Misdade (SVC) het bevestig dat Adams steeds weg is en dat die motief vir die ontvoering nog onduidelik is. Die soektog na die slagoffer en verdagtes duur voort.

Enigeen met inligting kan speurder-sersant Tsie Matlokotsi van die Welkom-SVC-eenheid by 078 758 5658 kontak of Stop Misdaad by 08600 1011, of ‘n anonieme wenk via die MySAPS-App stuur. Die SAPD het verseker dat alle inligting streng vertroulik hanteer sal word.