Wes Kaap misdaad
Polisie kry kokaïen and Tik in pakkie skyfies
Konstabel en pa vas oor dwelms
MISDAADTONEEL: Paarl, Wes-Kaap: ’n Polisiekonstabel wat na bewering dwelms in ’n pakkie skyfies probeer wegsteek het, is saam met sy pa gearresteer.

Die 26-jarige konstabel en sy pa sal Maandag, 14 September 2026, in die Paarlse landdroshof verskyn.
Volgens die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) was die twee verdagtes op pad na Worcester toe hulle deur die Paarl-polisie voorgekeer is nadat hulle inligting oor beweerde dwelmaktiwiteit ontvang het.
“Die voertuig is deursoek en ’n dwelm-hond het dwelms in ’n verseëlde pakkie skyfies uitgesnuffel. Daar is 30 gram Tik en 15 gram kokaïen in die pakkie chips ontdek. Albei verdagtes is vir die besit van dwelms gearresteer.
“Die bestuur van die Wes-Kaapse SAPD verwelkom die arrestasie en verseker die publiek hulle is daartoe verbind om misdaad in die polisie uit te wis,” het die SAPD gesê.
