Woodlands vuurwapen

 
 

Man met onwettige vuurwapen in Woodlands gevang

Polisie-operasie bring sukses

MISDAADTONEEL: Woodlands, Kaapstad: Die polisie se voortdurende operasies teen misdaad in Mitchells Plain het hierdie week vrugte afgewerp toe hulle ‘n 25-jarige man gearresteer het vir die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie.

Volgens die polisie het hulle ‘n verdagte man in Wattcourt-straat, Woodlands, opmerk. Toe hulle hom nader, het hy probeer weghardloop, maar is vasgekeer en gearresteer.

Die polisie het gesê die beamptes het hom deursoek en op ‘n vuurwapen met 30 rondtes ammunisie afgekom.

In ‘n afsonderlike voorval is ‘n 29-jarige man in Ryan-weg Mandalay, gearresteer vir die besit van dwelms. Die arrestasie het gevolg toe die polisie 10 Mandrax-tablette en 27 sakkies Tik in sy besit gevind het.

Albei verdagtes sal Woensdag, 28 Oktober 2026, vir die eerste keer in die Mitchells Plain-landdroshof verskyn.