Z88 pistool
Vrou ook in sop oor pistole, dwelms
Jongman vas oor wapens
MISDAADTONEEL: Delft, Kaapstad: ‘n Jongman van Blikkiesdorp sit agter tralies nadat die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) hom met onwettige vuurwapens en ammunisie gevang het.

Delft se misdaadvoorkomingseenheid het Woensdag 22 April, inligting opgevolg oor vuurwapens wat in houers in Blikkiesdorp versteek was.
Die polisie het die perseel deursoek en ‘n 9mm Z88-pistool, elf 9mm-rondtes in die magasyn en ‘n nagemaakte vuurwapen gevind. ‘n 20-jarige man is gearresteer en die vuurwapens en ammunisie is gekonfiskeer.
In nog ‘n voorval dieselfde dag, omstreeks 16:50, is ‘n 45-jarige vrou in Ericaweg, Tafelsig, in hegtenis geneem vir die besit van vuurwapens en handel in dwelms.
Mitchells Plain SAPD het ‘n wenk ontvang oor vuurwapens en dwelms by die verdagte se perseel. Hulle het twee ongelisensieerde vuurwapens en 55 Mandrax-tablette op die perseel gevind.
