June, 2026
Police appeal for public assistance
Woman shot dead in street
CRIME SCENE: Kraaifontein, Cape Town: The South African Police Service (SAPS) have appealed to witnesses to come forward after a woman was shot and killed here on Thursday morning, 25 June 2026.

According to Constable Ndakhe Gwala of the Western Cape police media office police opened a case of murder following the shooting a 35-year-old woman at the corner of Boesak and Botfontein Road, Kraaifontein.
“The circumstances surrounding the incident are under investigation and the motive is yet to be determine,” said Gwala.
Anyone with information about the incident can contact Crime Stop anonymously on 08600 10111.
Drie verdagtes gearresteer
Honderde Perlemoen, kreef gevind
MISDAADTONEEL: Gordonsbaai, Helderberg: Wetstoepassingsowerhede het Woensdag 24 Junie 2026 op 743 onwettige perlemoen beslag gelê en twee mense in Clarence Drive gearresteer.

“Die Stad Kaapstad se Mariene en Omgewing-eenheid, die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) en GBSEC sekuriteitspersoneel, het gereageer op inligting en ‘n verdagte voertuig afgetrek.
“Die voertuig is deursoek en ‘n totaal van 743 perlemoen, wat vermoedelik onwettig besit en vervoer is, is in beslag geneem. ‘n Man en ‘n vrou is gearresteer,” het die Stad gesê.
Manenberg: ‘n Paar dae tevore, op Saterdag 20 Junie 2026, het die Mariene Eenheid inligting ontvang oor die onwettige verkoop van West Coast Rock Lobster in Sherwood Park, Manenberg.
“Terwyl hulle die huis deursoek het, het beamptes 720 kreefsterte ontdek. Die bewoner van die huis kon nie die wettige besit van die sterte bewys nie en is gearresteer,” het die Stad gesê.
Authorities make three arrests
Abalone, lobster tails seized
CRIME SCENE: Gordons Bay, Helderberg: Law enforcement authorities seized 743 illegal abalone and arrested two people on Clarence Drive on Wednesday, 24 June 2026.

“Acting on the information received, the City of Cape Town’s Marine and Environmental Unit, the South African Police Service (SAPS) and GBSEC Armed Response intercepted a vehicle suspected of transporting the abalone.
“The vehicle was searched and a total of 743 units of abalone, believed to have been unlawfully possessed and transported, were seized. A man and a woman were arrested,” the City said.
Manenberg: A few days earlier, on Saturday, 20 June 2026, the Marine Unit received information about the illegal sale of West Coast Rock Lobster in Sherwood Park, Manenberg.
“While searching the house, officers discovered 720 lobster tails. The occupant of the house was could not prove lawful possession of the tails and was arrested,” the City said.
Paartjie in vroeë oggendure gearresteer
Polisie maak groot dwelm-vonds
MISDAADTONEEL: Mfuleni, Kaapstad: Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het Woensdagoggend, 24 Junie 2026 ‘n paartjie in Minstrel-straat, Mfuleni, gearresteer vir besit van dwelms van R900 000.

Volgens die polisie het hulle ‘n perseel omstreeks 04:30 deursoek en 433g kristal-metamfetamien, twee sakkies crack-kokaïen, 14g Mandrax-poeier, vier Mandrax-tablette, 7g ecstasy, ‘n nagemaakte vuurwapen en ‘n kontant gevind.
‘n 51-jarige man en sy 29-jarige vriendin is gearresteer vir die besit en handel in dwelms, asook die besit van ‘n verbode vuurwapen.
Couple arrested in Mfuleni
Police find drugs worth about R1m
CRIME SCENE: Mfuleni, Cape Town: The South African Police Service (SAPS) arrested two suspects for drug-related offences in Minstrel Street, Mfuleni on Wednesday morning, 24 June 2026.

According to the police a search was conducted at approximately 04:30 at a premises where 433 grams of crystal meth, two sachets of crack cocaine, 14 grams of Mandrax powder, four Mandrax tablets, 7 grams of ecstasy, a modified imitation firearm, and an undisclosed amount of cash were discovered. The drugs are estimated to be worth about R900 000.
A 51-year-old male and his 29-year-old girlfriend were arrested for possession and dealing in drugs as well as possession of a prohibited firearm.
Bende-eenheid teiken Hanover Park, Manenberg
Tieners in arres
MISDAADTONEEL: Hanover Park, Kaapstad: Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se anti-bende-eenheid het drie vuurwapens van die strate verwyder en drie mense gearresteer.

Tydens ‘n intelligensie-gedrewe operasie op Dinsdag, 23 Junie 2026 het die eenheid ‘n 19-jarige tiener in Lansry Walk gearresteer nadat hy in besit van ‘n verbode vuurwapen en agt rondtes ammunisie gevind is.
Opvolgoperasies het die span na ‘n perseel in dieselfde straat gelei, waar hulle ‘n 18-jarige tiener gearresteer het vir die besit van en handel in dwelms na die ontdekking van 15 sakkies Tik, 51 heroïensakkies en kontant.
Die operasie het toe na Cascade Court verskuif waar ‘n 27-jarige man gearresteer is toe hy in besit van ‘n verbode vuurwapen en 11 rondtes ammunisie gevind is.
Manenberg: In ‘n onverwante voorval was die polisie besig met sigbare patrollies omstreeks 17:00 op Dinsdag, 23 Junie 2026 toe hulle ‘n onwettige vuurwapen met 17 rondtes ammunisie op ‘n veld tussen die spoorlyne en Yusuf Dadoo-straat in Manenberg gevind het. ‘n Ondersoek is by die Manenberg SAPD geopen vir ondersoek.
AGU strikes in Hanover Park
Teenagers arrested for gun, drugs
CRIME SCENE: Hanover Park, Cape Town: The South African Police Service (SAPS) Anti-Gang Unit (AGU) have taken three guns off the streets and arrested three people.

During an intelligence-driven the operation on Tuesday, 23 June 2026, the Unit arrested a 19-year-old male suspect in Lansry Walk after he was found in possession of a prohibited firearm and eight rounds of ammunition.
Follow-up operations led the team to a premises in the same street, where they arrested an 18-year-old male for possession and dealing in drugs after the discovery of 15 sachets of Tik, 51 heroin sachets and an undisclosed amount of cash.
The operation then moved to Cascade Court where a 27-year-old man was arrested when he was found in possession of a prohibited firearm and 11 rounds of ammunition.
Manenberg: In an unrelated incident, the police were busy with visible patrols at around 17:00 on Tuesday, 23 June 2026 when they found an abandoned prohibited firearm with 17 rounds of ammunition at a field between the railway tracks and Yusuf Dadoo Street in Manenberg. An enquiry was opened at Manenberg SAPS for investigation.
26 jaar direkte tronkstraf in bende-saak
Man sit lank vir dubbele moord
UIT DIE HOF: Mitchells Plain, Kaapstad: Riedewaan Stemmet en Shuib Abrahams is op Sondag, 20 Oktober 2024 koelbloedig by ‘n huis in Korfbal-straat, Beacon Valley doodgeskiet.

Speur-konstabel Theodoric Cloete van die anti-bende-eenheid het die ondersoek van dié bendeverwante-saak behartig. Hy het dadelik begin om bewyse in te samel, wat gelei het tot die arrestasie van Geronimo Jardien. Borgtog is suksesvol teengestaan en Jardien het vir die duur van die verhoor in aanhouding gebly.
Op Maandag, 22 Junie 2026 is Jardien deur die Mitchells Plain Streekshof skuldig bevind. Die hof het bevind dat Jardien op die dag van die moorde na die huis in Korfbal-straat gegaan waar hy Stemmet en Abrahams gekry het. Hy het verskeie skote afgevuur en die slagoffers noodlottig gewond.
Hy is tot 26 jaar direkte gevangenisstraf gevonnis en onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit.
Die bestuur van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) in die Wes-Kaap het die vonnis verwelkom en die ondersoekbeampte en die aanklaers geprys vir hul rol in die suksesvolle skuldigbevinding.
SAPS top brass commend detective, prosecutor
26 years for double murder
IN COURT: Mitchells Plain, Cape Town: On Sunday, 20 October 2024 Riedewaan Stemmet and Shuib Abrahams were fatally shot at a house in Korfbal Street, Beacon Valley.

The case was assigned to Detective Constable Theodoric Cloete of the Anti-Gang Unit, who delved into the evidence of the double murder, which led to the arrest Geronimo Jardien. Bail was successfully opposed and Jardien remained in custody for the duration of the trial.
On Monday, 22 June 2026, Jardien was found guilty by the Mitchells Plain Regional Court of this double gang-related murder. The court found that on the day of the murders, Jardien went to the mentioned address where he found Stemmet and Abrahams. He fired several shots, fatally wounding both.
He was sentenced to 26 years’ direct imprisonment and declared unfit to possess a firearm.
The South African Police Service (SAPS) management in the Western Cape welcomed the sentence and commended the investigating officer and the prosecuting team for their role in the successful conviction.
Skote klap dié keer in Malmesbury
Nóg ‘n massaskietery ruk Kaap
MISDAADTONEEL: Malmesbury, Swartland: Nog ‘n massaskietery het die Wes-Kaap geskud.

Dié keer op die eens stil dorpie van Malmesbury waar ‘n skietvoorval twee mense dood en drie beseer gfelaat het op Woensdagoggend, 24 Junie 2026 omstreeks 09:00.
Volgens konstabel Ndakhe Gwala, ‘n skakelbeampte vir die Wes-Kaapse polisie, het die Malmesbury-polisie op die voorval op die hoek van Tinki-Tinki- en Kiewet-strate in Wesbank reageer.
“Die motief vir die skietery is vermoedelik bendeverwant. Speurders van die anti-bende-eenheid ondersoek twee aanklagte van moord en drie aanklagte van poging tot moord,” het Gwala gesê.
Ander onlangse massaskietery in die Wes-Kaap sluit in:
● Vier mans is Donderdagaand, 18 Junie 2026, in Lotusrivier doodgeskiet en een gewond.
● ‘n Man is Woensdag, 17 Junie 2026 omstreeks 18:30 in Rio Grande Walk, Manenbrg, dood en vyf beseer.
● Drie mense is Sondagmiddag, 7 Junie 2026 omstreeks 15:45 in Langa doodgeskiet.
● Saterdagaand 6 Junie 2026 omstreeks 19:00 is drie mans by ‘n vrugte- en groentestalletjie in Lower Crossroads, Philippi-Oos, doodgeskiet.
● Vier mans is Dinsdagoggend, 2 Junie 2026 omstreeks 08:30 in ‘n taxi-verwante skietery in Nyanga doodgeskiet.
