Man en vrou gearresteer, drie vuurwapens gevind
Verdagtes vas ná skietery
MISDAADTONEEL: Worcester, Wes-Kaap: ‘n Skietery hier het gelei tot die arrestasie van twee mense en die ontdekking van drie onwettige vuurwapens.

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se Anti-Bende-Eenheid het Dinsdag, 8 September 2026 ‘n 32-jarige man by ‘n woonstel in Roodewal gearresteer op twee aanklagte van poging tot moord sowel as vuurwapen-verwante klagte .
Die polisie het intelligensie opgevolg na ‘n skietery Maandagaand.
“Lede van die Anti-Bende-Eenheid het Dinsdag omstreeks 09:30 by die verdagte se huis opgedaag en dit deursoek, wat gelei het tot die ontdekking van ‘n .38 Special-rewolwer met ses rondtes ammunisie en ‘n tuisgemaakte zip gun wat in die grond begrawe was.
“Hy is gearresteer vir poging tot moord, besit van n ongelisensieerde vuurwapen, besit van ‘n verbode vuurwapen en onwettige besit van ammunisie,” het die SAPD gesê.
Die polisie het toe na ‘n huis in Tambaystraat, Roodewal, gegaan waar hulle ‘n 9 mm-pistool sonder ‘n reeksnommer en agt rondtes ammunisie gevind het. ‘n 32-jarige vrou is hier gearesteer vir besit van ‘n verbode vuurwapen en onwettige besit van ammunisie
Related News
Meisie vas ná steekdood
JONGSTE! Marionelle Botha (32) van Pacaltsdorp het in die George-landdroshof verskyn in verband met dieRead More
Cop’s girlfriend bust for murder
UPDATE! Marionelle Botha (32) from Pacaltsdorp has appeared in the George Magistrate’s Court, in connectionRead More
