NeIlScOtt24
22-jarige man probeer weghardloop
Polisie vang gou wapen verdagte
MISDAADTONEEL: Mfuleni, Kaapstad: ‘n Jong man wat probeer ontsnap nadat hy na bewering ‘n vuurwapen weggegooi het, is gou ingehaal deur die lang arm van die gereg.

Die 22-jarige verdagte van Mfuleni het in die polisie sele beland vir die onwettige besit van ‘n vuurwapen en 36 rondtes ammunisie.
Volgens die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het die Misdaadvoorkomingseenheid van Mfuleni die verdagte op Woensdag, 22 Julie 2026 in Mhlathuzana-straat aangekeer.
Die SAPD het gesê die lede het drie manlike verdagtes op die hoek van Tokwanastraat sien staan.
“Toe hulle die verdagtes nader, het hulle in verskillende rigtings begin hardloop, en die lede het hulle te voet agternagesit. Een van die verdagtes het ‘n vuurwapen in ‘n erf in Mhlathuzana-straat gegooi en aangehou hardloop, maar die lede het hom ingehaal en gearresteer.
Lwandle, Strand: Lede van Operasie Lockdown 3 het ‘n 39-jarige man in Lwanje-straat gearresteer vir die besit van ‘n verbode vuurwapen en ammunisie.
Man (22) arrested for illegal gun, ammo
Long arm catches slow suspect
CRIME SCENE: Mfuleni, Cape Town: A young man tried to escape after allegedly throwing a firearm to the ground, but he was too slow for the long arm of the law.

The 22-year old suspect from Mfuleni instead landed in police custody for possession of a firearm and 36 rounds of ammunition.
According to the South African Police Service (SAPS) the Crime Prevention Unit of Mfuleni apprehended the suspect in Mhlathuzana Street on Wednesday, 22 July 2026.
SAPS said the members saw three male suspects standing at the corner of Tokwana Street.
“As they approached the suspects, they started running in different directions, and the members chased after them on foot. One of the suspects threw a firearm into a residence in Mhlathuzana Street and continued to run, but the members eventually caught him.
Lwandle, Strand: Operation Lockdown 3 arrested a 39-year-old man in Lwanje Street for possession of a prohibited firearm and ammunition.
R1,5-miljoen-voertuig in Woodstock gesteel
Kaapse kar in Upington onderskep
MISDAADTONEEL: Upington, Noord-Kaap: ‘n Voertuig, ter waarde van R1.5 miljoen en wat in Woodstock, Kaapstad, gesteel is, is in die Noord-Kaap teruggevind.

Die K9-eenheid en Grenspolisie van Upington het Donderdag, 23 Julie 2026 omstreeks 07:30 die 2025 Toyota Land Cruiser Prado teruggevind en ‘n 27-jarige verdagte gearresteer.
Die voertuig is ongeveer 12 ure tevore as gesteel in Woodstock aangemeld.
Volgens die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het toegewyde lede in Upington inligting van ‘n opsporingsmaatskappy ontvang, wat hulle na die voertuig naby die Upington sentrale sakegebied gelei het.
Die voertuig is onderskep en die bestuurder gearresteer.
Die Distrikskommissaris van die ZF Mgcawu-distrik, majoor-generaal Monica Sebili, het diegene wat betrokke was geprys vir hul vinnige reaksie, professionaliteit en toewyding.
SUV stolen in Woodstock 12 hours earlier
Upington cops intercept Cape vehicle
CRIME SCENE: Upington, Northern Cape: A vehicle, valued at R1.5 million and stolen in Woodstock, Cape Town, has been recovered in the Northern Cape.

The K9 Unit and Border Policing in Upington recovered the 2025 Toyota Land Cruiser Prado and the arrested a 27-year-old suspect on Thursday, 23 July 2026, at about 07:30.
The vehicle was reported stolen in Woodstock about 12 hours earlier.
According to the South African Police Service (SAPS), dedicated members in Upington received information from a tracking company, which led them to the exact location of the vehicle near the Upington Central Business District.
The suspected stolen vehicle was intercepted and the driver was subsequently arrested.
The District Commissioner of the ZF Mgcawu District, Major General Monica Sebili, commended those involved for their swift response, professionalism, and commitment.
Polisie open geregtelike doodsondersoek
Lyk spoel in Strand uit
DIE Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het ‘n geregtelike doodsondersoek begin nadat ‘n man se liggaam langs die see in Strand gevind is.

Die gru-ontdekking is omstreeks 10:00 op Donderdag, 23 Julie 2026 by die opgraderingsterrein vir die Seewal in Strand-weg gemaak.
‘n Skakelbeampte vir die Wes-Kaapse polisie, lkaptein FC van Wyk, het gesê die Strand-polisie het ‘n geregtelike doodsondersoek geregistreer na die ontdekking van die liggaam van ‘n onbekende man op die strand.
‘n Nadoodse ondersoek sal uitgevoer word om die oorsaak van dood te bepaal.
Police register inquest case
Body found on Strand Beach
THE South African Police Service (SAPS) have opened an inquest docket following the discovery of a man’s body on Strand Beach.

The gruesome discovery was made at about 10:00 on Thursday, 23 July 2026 near the Seawall upgrading site in Beach Road.
A media liaison officer for the Western Cape police, Captain FC van Wyk, said Strand police registered an inquest following the discovery of a body of an unidentified male on the beach. A postmortem will be conducted to determine the cause of death.
Twee sterf ná verskeie skote hulle tref
Polisie soek Tuinroete-moordenaars
MISDAADTONEEL: George, Suid-Kaap: Die polisie is opsoek na die verdagtes wat betrokke was by ‘n dubbele moord hier.

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het gesê twee mans is Woensdag, 22 Julie 2026 in Thembalethu, George, doodgeskiet.
Volgens die SAPD het die Thembalethu-polisie omstreeks 18:00 op ‘n skietery in Tawulestraat, Sone 9, gereageer.
Met hul aankoms het hulle die liggaam van ‘n man in die straat gevind. Die polisie is verder verwys na die liggaam van ‘n ander man wat in ‘n erf in Yawanistraat lê. Die slagoffers, 43 en 31-jaar-oud, het veelvuldige skietwonde opgedoen en is deur paramedici op die toneel dood verklaar.
“Misdaadtoneelkundiges het die toneel vir leidrade gefynkam en verskeie patrone gevind. Die motief vir die moorde moet nog vasgestel word,” het die SAPD gesê.
Enigiemand met inligting oor die voorval kan die Thembalethu-speurders kontak by 044 802 8906 of Stop Misdaad by 08600 10111.
Two victims shot multiple times
Manhunt for Garden Route killers
CRIME SCENE: George, Southern Cape: A manhunt has been launched for the suspects involved in a double murder here.

The South African Police Service (SAPS) said two men were fatally shot in Thembalethu, George, on Wednesday, 22 July 2026.
According to SAPS the Thembalethu police responded to a shooting in Tawule Street, Zone 9 on at about 18:00.
When they arrived they found the body of a man in the street. The police were further directed to the body of another man who had collapsed in a yard in Yawani Street. The victims, aged 43 and 31-years, sustained multiple gunshot wounds and were declared deceased by paramedics at the scene.
“Crime scene experts combed the scene for clues, and several cartridges were found. The motive for the killings is yet to be established,” said SAPS.
Anyone with information about the incident may contact the Thembalethu detectives at 044 802 8906 or Crime Stop at 08600 10111.
Man sterf, 2 gewond in oggend-aanval
Skietery skud buurt
MISDAADTONEEL: Hanover Park, Kaapstad: ‘n Vermeende bende skietery het Newfields Village Donderdagoggend 23 Julie 2026 geskud toe ‘n man doodgeskiet en twee ander gewond is.

‘n Skakelbeampte van die Wes-Kaapse polisie, kaptein FC Van Wyk, sê die polisie van Philippi het die skietvoorval in Blossomstraat, Newfields Village, Hanover Park omstreeks 10:00 bygewoon.
“Hulle het die liggaam van ‘n 36-jarige man met ‘n skietwond aan sy kop gevind. Hy is deur paramedici op die toneel dood verklaar.
“Twee ander slagoffers, onderskeidelik 21 en 30-jaar-oud, is ook getref en met privaat vervoer na ‘n nabygeleë mediese fasiliteit geneem. Die 21-jarige het veelvuldige skietwonde aan sy maag en kop opgedoen en die 30-jarige is in sy linkerbeen en arm gewond.
“’n Moord en twee aanklagte van poging tot moord is geregistreer en die motief is vermoedelik bendeverwant,” het Van Wyk gesê.
Hy het enigiemand met inligting versoek om Stop Misdaad by 08600 10111 te kontak of die MySAPS-App anoniem te gebruik.
Man dies, two wounded in attack
Community rocked by shooting
CRIME SCENE: Hanover Park, Cape Town: A suspected gang shooting rocked Newfields Village on Thursday morning, 23 July 2026 when a man was killed dead and two others wounded.

A Western Cape police media liaison officer, Captain FC Van Wyk, said Philippi police attended to the shooting incident in Blossom Street, Newfields Village, Hanover Park at about 10.
“They found the body of a 36-year-old male with a gunshot wound to his head. He was declared dead on the scene by paramedics.
“Two other victims aged 21 and 30-years were also shot and taken to a nearby medical facility with private transport. The 21-year-old sustained multiple gunshot wounds to his stomach and head and the 30-year-old was shot in his left leg and arm.
“A murder and two counts of attempted murder were registered and the motive is believed to be gang related,” said Van Wyk
He urged anyone with information to contact Crime Stop on 08600 10111 or use the MySAPS-App to report anonymously.
