Franschhoek moord
Man verskeie kere geskiet
Nog ‘n moord skud Franschhoek
MISDAADTONEEL: Franschhoek, Kaapse Wynland: ‘n Man het agter ‘n toilet gesterf nadat hy verskeie kere geskiet is.

Franschhoek-polisie het Donderdag ,4 Junie 2026 reageer op ‘n skietery by die Langreg-plakkerskamp. Toe hulle by die toneel aankom, het hulle die liggaam van ‘n 35-jarige man agter ‘n toilet met veelvuldige skietwonde aan sy lyf aangetref, het ‘n polisie-mediaskakelbeampte vir die Wes-Kaap, konstabel Ndakhe Gwala, gesê.
Hy is op die toneel dood verklaar en geen arrestasie is nog gemaak nie.
Polisie soek skieters na 3 sterf en 2 gewond word
Massa-slagting in Franschhoek
MISDAADTONEEL: Franschhoek, Kaapse Wynland: Die polisie soek na die moordenaars van drie mense wat Sondagoggend, 17 Mei 2026 in ‘n massa skietvoorval in Franschhoek vermoor is.

Volgens Brigadier Novela Potelwa van die Wes-Kaapse polisie se mediakantoor dui inligting daarop dat twee gewapende mans ‘n huis in Jakaranda-straat, Groendal, omstreeks 9:55 binne gegaan en verskeie skote afgevuur het. Drie mans is op die toneel dood, terwyl ‘n vrou en nog ‘n man gewond is. Die slagoffers is tussen 30 en 35-jaar-oud.
Franschhoek se polisie het moord- en poging tot moord-dossiers vir ondersoeke oopgemaak.
Volgens Potelwa het speurders van die provinsiale ernstige geweldsmisdaad-eenheid intussen die ondersoek oorgeneem. Geen arrestasies is nog gemaak nie en die motief vir die voorval word ondersoek.
