Luitenant-generaal Sizakhele Dyantyi
5 sterf, 3 gewond in Lavender Hill bloedbad
Massa moordenaars steeds gesoek
MISDAADTONEEL: Lavender Hill, Kaapstad: Die polisie is steeds op soek na verdagtes in die massamoord-voorval waarin vyf mense dood en drie gewond is Saterdagaand, 24 Oktober 2026.

Die verdagtes het nou ’n prys van R100 000 op hul koppe nadat die polisie die beloning aangekondig het vir enigiemand met inligting wat kan lei tot hul arrestasie en suksesvolle vervolging.
Die voorval het omstreeks 20:00 Saterdagaand plaasgevind toe ongeidentifiseerde mans ’n huis in Blode-straat, Lavender Hill, bestorm en begin losbrand op familie en vriende wat sosiaal verkeer het.
Vier mans en een vrou, tussen die ouderdomme van 21 en 33-jaar, is op die toneel dood. Een man en twee vroue het skietwonde opgedoen en is na ’n hospitaal gehaas vir behandeling.
Luitenant-generaal Sizakhele Dyantyi, die Wes-Kaapse provinsiale polisiekommissaris, en sy bestuur het die misdaadtoneel Sondagoggend, 25 Oktober 2026, besoek.
Dyanti sê “dit kan nie normaal wees dat mense in groot getalle vermoor word in die gemeenskappe waarin ons woon nie”.
Hy het gevra dat mense met enige inligting oor die skietery, of wat met die ondersoek kan help, om Crime Stop by 08600 10111 te kontak of die MySAPS-toepassing anoniem te gebruik.
Dyantyi het ook die skuldiges veroordeel wat polisiebeamtes van Steenberg polisiestasie met klippe bestook het toe by die misdaadtoneel opdaag.
Mark Nicholson, ’n slagoffer se vader en mede-stigter van die Lavender Hill Community Action Network, het die polisie verslae dat die skietery bende-verwant was, sterk betwis.
Nicholson het gesê die mense wat by die huis byeengekom het, was gewone jeugdiges en familielede, and dat die tragedie verwoestend is aangesien hy reeds sewe van sy nefies in die voortslepende plaaslike geweld verloor het.
Lees ook: Twee sterf in Lavender Hill skietery – Crime Scene Report; 5 vas kort na dubbele-moord – Crime Scene Report
