Rondebosch vals Med-Lemon
Polisie arresteer verdagte (42) in Rondebosch
Vals Med-Lemon lab ontdek
MISDAADTONEEL: Rondebosch, Kaapstad: ‘n 42-jarige man sal na verwagting Maandag 19 Oktober 2026 in die Wynberg-landdroshof verskyn in verband met die vervaardiging van vals Med-Lemon.

Die verdagte is Vrydag 16 Oktober 2026 in Rondebosch gearresteer en die Valke se Suid-Afrikaanse Narkotika-handhawingsburo (SANEB)-span het sedertdien ‘n ondersoek na die saak geloods.
‘n Woordvoerder vir die Valke, luitenant-kolonel Siyabulela Vukubi, sê ‘n geheime laboratorium is in Rondebosch ontdek tydens ‘n intelligensiegedrewe operasie wat deur die Valke saam met die Suid-Afrikaanse Polisiediens se Blitspatrollie) uitgevoer is.
‘n Masjien wat na bewering gebruik word om Med-Lemon te vervaardig, asook bokse wat Med-Lemon-sakkies bevat, is ontdek. Die waarde van die Med-Lemon is onbekend. Die verdagte is aangekla van die oortreding van die Wet op die Beheer van Medisyne.
