Steenberg shooting

 
 

2 gewondes word na hospitaal gehaas

Man sterf in Steenberg-skietery

MISDAADTONEEL: Steenberg, Kaapstad: ‘n Man is dood en twee mense beseer tydens ‘n skietvoorval Maandagmiddag, 18 Mei 2026.

Volgens sersant Wesley Twigg van die Wes-Kaapse polisie se media kantoor het die Steenberg-polisie omstreeks 12:15 op ‘n klag in Sullivan-straat gereageer. Met hul aankoms op die toneel het hulle die slagoffers met skietwonde aangetref.

Twigg het gesê ‘n 30-jarige man is doodgeskiet, terwyl ‘n 33-jarige man en ‘n 39-jarige vrou gewond is.

“Die 30-jarige slagoffer is op die toneel deur mediese personeel dood verklaar, terwyl die ander twee mense na ‘n hospitaal vervoer is vir behandeling. Die omstandighede rondom die voorval word ondersoek en arrestasies moet nog gemaak word,” het Twigg gesê.

Die Steenberg-polisie het sake van moord en poging tot moord geregistreer.

Enigiemand met enige inligting kan Crime Stop kontak by 08600 10111 of die MySAPS-App anoniem gebruik.