Twee dood in Muir hof
Skieters wond ook vrou en steeds op vrye voet
Twee sterf in Lavender Hill skietery
MISDAADTONEEL: Lavender Hill, Kaapstad: Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het ‘n moordondersoek van stapel gestuur ná ‘n dodelike skietvoorval in Lavender Hill Dinsdag-oggend, 6 Oktober 2026.

Volgens die polisie het die voorval omstreeks 8:20 in Muir-hof, Depsiton-singel, plaasgevind, waar twee mans doodgeskiet en ‘n vrou gewond is.
“Polisiebeamptes het op ‘n klag van ‘n skietvoorval gereageer en met hul aankoms op die toneel die slagoffers met skietwonde aan hul liggame aangetref. Die mans is deur mediese personeel op die toneel dood verklaar, terwyl die vrou vir behandeling na ‘n mediese fasiliteit vervoer is,” het sersant Wesley Twigg, ‘n skakelbeampte vir die Wes-Kaapse polisie, gesê.
Daar word vermoed ndie motief vir die aanval is bendeverwant. Die verdagtes het van die toneel gevlug en is steeds op vrye voet.
Speurders van Steenberg-polisie ondersoek sake van moord en poging tot moord.
Die polisie het ‘n beroep op die publiek gedoen vir hulp. Enigeen met inligting oor die skietvoorval kan Stop Misdaad by 08600 10111 kontak of die mobiele MySAPS-App anoniem gebruik.
