Garden sirkel
Lyk van onbekende man vol skietwonde gevind
Derde skietvoorval in Strandfontein
MISDAADTONEEL: Strandfontein, Kaapstad: Nog ‘n persoon is in Strandfontein doodgeskiet – die derde noodlottige skietvoorval in gebied in minder as ‘n week.

Die bevelvoerder van die Wes-Kaapse provinsiale mediasentrum, luitenant-kolonel FC van Wyk, sê polisiebeamptes het Donderdag 22 Oktober 2026 omstreeks 23:00 op ‘n skietvoorval in Garden Lane, Strandfontein, reageer.
“Hulle het die liggaam van ‘n onbekende man op ‘n oop veld in die straat gevind; sy liggaam was vol skietwonde.
“Die omstandighede rondom hierdie voorval word ondersoek. Daar word vermoed dat die motief bendeverwant is. Niemand is op hierdie stadium gearresteer nie,” het Van Wyk gesê.
Die voorval het slegs ‘n paar dae ná nog ‘n skietery, Maandagaand, 19 Oktober 2026 omstreeks 20:45 in Korvettestraat, Strandfontein, waar ‘n 26-jarige man doodgeskiet is, plaasgevind.
En verlede Saterdag, 17 Oktober 2026, is twee mans, onderskeidelik 33 en 44-jaar-oud, in Dinghie-sirkel, Strandfontein, doodgeskiet, terwyl twee ander in dieselfde voorval gewond is.
Lees ook: Skietery ruk Strandfontein – Crime Scene Report; Nog ‘n man in Strandfontein geskiet – Crime Scene Report
