Helderberg misdaad

 
 

Verdagte probeer wegkom, maar gou gestuit

3 vermeende afpersers gevang

MISDAADTONEEL: Strand, Helderberg: Drie vermeende gewapende afpersers is in die Strand gearresteer.

Lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se Operasie Lockdown 3 span Vrydag 7 Augustus 2026 het die verdagtes, tussen die ouderdomme van 22 en 24-jaar, gearresteer vir die besit van ‘n ongelisensieërde vuurwapen, besit van ‘n verbode vuurwapen en ammunisie .

Volgens die SAPD het die span inligting ontvang oor die mans wat in ‘n silwer Ford Focus ron ry en na bewering besighede in die Strand-gebied afpers.

“Hulle het die voertuig omstreeks 21:30 in Xaki-straat, Strand, opgemerk. Een van die verdagtes het probeer om met ‘n plastieksak te vlug, maar hy is gevang met twee vuurwapens en 15 rondtes ammunisie.

“Die drie sal Dinsdag 11 Augustus 2026 in die Strand-landdroshof verskyn,” het die SAPD gesê.