SAPD

 
 

Vrou ook in sop oor pistole, dwelms

Jongman vas oor wapens

MISDAADTONEEL: Delft, Kaapstad: ‘n Jongman van Blikkiesdorp sit agter tralies nadat die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) hom met onwettige vuurwapens en ammunisie gevang het.

Dié vuurwapens en dwelms is in Tafelsig gevind. Foto: SAPD

Delft se misdaadvoorkomingseenheid het Woensdag 22 April, inligting opgevolg oor vuurwapens wat in houers in Blikkiesdorp versteek was.

Die polisie het die perseel deursoek en ‘n 9mm Z88-pistool, elf 9mm-rondtes in die magasyn en ‘n nagemaakte vuurwapen gevind. ‘n 20-jarige man is gearresteer en die vuurwapens en ammunisie is gekonfiskeer.

In nog ‘n voorval dieselfde dag, omstreeks 16:50, is ‘n 45-jarige vrou in Ericaweg, Tafelsig, in hegtenis geneem vir die besit van vuurwapens en handel in dwelms.

Mitchells Plain SAPD het ‘n wenk ontvang oor vuurwapens en dwelms by die verdagte se perseel. Hulle het twee ongelisensieerde vuurwapens en 55 Mandrax-tablette op die perseel gevind.


Spanwerk help om misdaad te oorwin

Gewapende man loop rieme styf

MISDAADTONEEL: Elsiesrivier, Kaapstad: As die gemeenskap saam met die polisie werk, kan misdaad oorwin word.

Dit is weer op 21 April 2026 bewys toe goeie samewerking tussen die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) en die gemeenskap tot die arrestasie van ‘n 35-jarige gewapende verdagte gelei het.

Op dié dag, omstreeks 08:30, het Maitland se blitspatrollie ‘n klagte van ‘n skietery in Avonwood, Elsiesrivier ontvang.

Die polisie het vinnig reageer en mense in die gemeenskap het aan hulle uitgewys in watter rigting die verdagte gehardloop het. Die man is kort daarna aangekeer en ‘n 9mm Taurus-pistool met vyf rondtes ammunisie is in sy besit gevind.

Hy is by die Elsiesrivier-polisiestasie aangehou vir die onwettige besit van ‘n vuurwapen en ammunisie, en sal in die Goodwood-landdroshof verskyn sodra hy aangekla is.

Die polisie het ‘n beroep op die publiek gedoen om enige kriminele aktiwiteite op die MySAPS app aan te meld of Crime Stop te skakel by 08600 10111.


Man vas oor 46000 Mandrax pille

Polisie maak groot dwelm vonds

MISDAADTONEEL: Delft, Kaapstad: ‘N GATSLAG teen die verspreiding van dwelms in die Wes-Kaap.

Só beskryf die Suid-Afrikaanse polisiediens (SAPD) sy jongste sukses in die geveg teen dwelmhandel in die provinsie.

Lede van Operasie Prosper was Maandag 20 April 2026 besig met stop-en-deursoek-operasies in N2 Gateway, Delft toe hulle ‘n silwer Honda Civic-voertuig en sy insittende deursoek het.

In die voertuig het hulle tien mandrax-tablette en ‘n onbekende bedrag kontant gevind, vermoedelik die opbrengs van misdaad. Verdere ondersoek het hulle na ‘n bergingsfasiliteit in Stikland, Bellville, gelei.

Hier het die lede 46 pakke, met 1000 mandrax-tablette elk, gevind. Die totale straatwaarde van die dwelms word geraam op R2,76-miljoen. ‘n 45-jarige man is gearresteer op ‘n aanklag van handel in dwelms en sal na verwagting in die Bellville-landdroshof verskyn.


Polisie arresteer 11 op verskeie klagtes

Gatslag teen dwelms in Suid-Kaap

MISDAADTONEEL: Dysselsdorp, Suid-Kaap: Die Suid-Afrikaanse polisiediens (SAPD) het vandeesweek hard toegeslaan op vermeende onwettige dwelmhuise in Dysselsdorp buite Oudtshoorn.

Die polisie slaan toe in Dysselsdorp. Foto: SAPD via Facebook

Die SAPD se optrede  het gelei tot die arrestasie van 11 verdagtes vir dwelmverwante oortredings en die konfiskering van dwelms met ‘n straatwaarde van R90 000.

Op Dinsdag 14 April 2026 het lede van die Dysselsdorp Misdaadvoorkoming-eenheid vyf persele deursoek nadat inligting ontvang is van onwettige aktiwiteite by wonings in Donkerhoek, Bernadus Gronde en Paradise View.

Die polisie het Mandrax en tik gekonfiskeer. Die verdagtes, tussen 21 en 56-jaar-oud, op aanklagte van besit van dwelms en dwelmhandel gearresteer.


Skieters vlug gou van toneel

Talle afgemaai

MISDAADTONEL: Milnerton, Kaapstad. – Twee mans en ‘n vrou in die vroeë oggendure van Maandag 23 Februarie 2026 koeelbloedig by die Ekuphumleni informele nedersetting in Du Noon, Milnerton, doodgeskiet.

Die slagoffers is voor ‘n shack geskiet volgens verlsae vanaf dioe toneel. Speurders van die Wes-Kaapse eenheid vir ernstige geweldsmisdade is op soek na die moordenaars wat van die toneel gevlug.

Maandag se voorval volg kort op die hakke van die moord op drie mense op Saterdag, 23 Februarie 2026 in die Joe Slovo informele nedersetting, ook in Milnerton. Die drie is ook geskiet.

Enigiemand met inligting wat die ondersoek kan help, word versoek om die polisie te kontak by 08600 10111 of via die MySAPS App.

MISDAADTONEL: Marikana, Kaapstad. – Die verdagte wat gearresteer is vir die massaskietery in Marikana waarin nege mense op 17 Januarie 2026 dood is, sal volgende maand weer in die hof verskyn.

Nkcubeko Libala (21) is in die vroeë oggendure van Vrydag, 20 Februarie 2026, by sy woning in Lower Crossroads, Philippi, deur speurders van die eenheid vir ernstige geweldsmisdade gearresteer.

Hy het Maandag, 23 Februarie 2026 in die Mitchells Plain-landdroshof verskyn waar die saak tot 2 Maart 2026 vir verdere ondersoek uitgestel is.

Die beskuldigde bly in aanhouding terwyl speurders op soek is na nog verdagtes.


Sinnelose skietery ten sterkste veroordeel

Skurke moor baba, vroue

MISDAADTONEEL: Athlone, Kaapstad. – ‘n Nege-maande-oue babadogtertjie en twee jong vroue is Dinsdag in nog ‘n sinnelose en gewadadige   skietvoorval vermoor.

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het reageer op klagtes van ‘n skietery by Sunbird Court in Bridgetown, Athlone omstreeks 22:00 Dinsdag, 17 Februarie. Die polisie het die liggame van die twee vroue van onderskeidelik 25 en 36-jaar-oud, sowel as dié van die baba, op die misdaadtoneel ontdek. Al drie is geskiet.

Twee mans is ook tydens die voorval gewond en is na ‘n hospitaal geneem vir behandeling.

Volgens die polisie het drie onbekende verdagtes van die toneel gevlug. Die motief vir die aanval word steeds ondersoek.

Die SAPD het gesê hulle veroordeel die voorval en het inwoners van Athlone en die breër gemeenskap verseker alle pogings sal aangewend word om die skuldiges vas te trek en die area weer te beveilig.

Enigiemand met inligting kan Crime Stop kontak by 08600 10111 of inligting anoniem  verskaf via die MySAPS-mobiele app. Alle inligting sal met die strengste vertroulikheid behandel word.